Nuus!

Die jagseisoen is weer hier!! 

n Veilige jag uitstappie word u toegewens.

Veiligheid is die wagwoord!! 

n Bok op die bakkie die antwoord.

Wildshoekie u slagter.

Happy wife, Happy life!!


LEDE VAN DIE SAJWV EN JARACAL JAGTERS FORUM SAL 5% AFSLAG KRY VIR BETALING IN KONTANT, EFT OF KAART TRANSAKSIES KWALIFISEER NIE VIR DIE AFSLAG NIE.

Pryse soos uiteengesit is vir die 2017 jagseisoen, en sal nie verander tensy daar drastiese stygings in spesery, derms, vet, skaap en vark pryse is nie, en sal jagters vooraf in kennis gestel word van enige verhoging.

Wild word alle ure ontvang, (met vooraf reeling) omdat ek self ‘n jagter is, weet ek dat ‘n man nie altyd voor 17H00 op ‘n Sondag kan in wees nie, om etlike redes, so my telefoon is 24/7 aan en u is welkom, enige tyd, skakel my net en tref ASB vooraf reelings. Ek kan ook wild ontvang in Pretoria Noord met vooraf reeling. Normale besigheids ure is Maandag tot vrydag 8h00 tot 18h00. Saterdae gesluit, Sondag 10h00 tot 17h00.
Ek kan 18 ton wild per week inneem, dit is wat my koelkamers en bewerking toelaat, dus is dit wys om vooraf, bv die Maandag te bespreek dat u die Sondag inkom, en versoek ek ook dat u my net sal laat weet voor u vertrek met wat u oppad is. Baie keer gebeur dit dat u nie u kwota skiet waarvoor plek gehou word nie, dan kan ek dalk ‘n ander jagter ook help wat nie bespreek het nie.


Wild moet asb binne 24 uur nadat u die oproep of sms ontvang het dat die bewerking afgehandel is, afgehaal word. Geen aanspreeklikheid sal geneem word vir vleis wat nie afgehaal word nie, en daarna versleg nie.
Ons produk is ons trots, en alhoewel ek ‘n fooi vra vir vacuumverpakking, het ek deur die jare geleer dat tot die gades meer gediend is met die jagnaweek, as die vleis netjies en klaar verpak, met n duidelike plakker van wat binne elke pakkie is, by die huis opdaag, en mamma nie met bloed besmeerde tafels moet sukkel nadat jy die verpakking gedoen het nie.

Met meer as 2500 jagters tans op my stelsel, kan u my gerus besoek, enige een of 100 uitsoek, en skakel vir ‘n verwysing. Van enkel biltong jagters tot korporatiewe groeppe word hanteer. Indien so versoek, deel ons klaar die produkte vir die " 20 " manne in die groep gelykop, en elke man kan sy pakke kom afhaal.
Ek poog om my pryse so te hou dat dit steeds vir u as jagter bekostigbaar sal wees, dus vra ons vir aflewering ‘n brandstof fooi. Betalings wat in kontant gedoen word, is vir die faktuur bedrag min 5% indien u SA Jagters of Jaracal lid is, indien met ‘n kaart betaal word, is 5% kaartfooi ekstra betaalbaar - dit is die Fooi wat FNB my hef op kaart transaksies. EFT oorbetalings kan gedoen word, bring net die bewys van betaling saam as u kom afhaal.

Wild word ingeweeg, en weer uitgeweeg as u kom afhaal. Bene en bloedvleis is ook u eiendom, dus ontvang u alles terug.
Jammer maar geen vleis sal die perseel verlaat voordat die betaling of bewys van van EFT ontvang is nie.


Hou asb die karkasse heel!! Indien dit groot wild soos Eland of Blouwildebees is, halfeer dit net agter die laaste rib, dit is aan die punt van die binne fillet, en mooi in die middel van die sirloin. Los die blaaie ook aan die voorkwart.  Indien die boer n kwartering saag het, laat hulle dit in kwarte sny, dit is 100%. Glo my dit is vir u eie beswil. Die manne op die plaas is skaars slagters, wat nog te se van blokmanne!! Ek sien elke jaar hoe n man wat rump steaks op sy eland wil he, wil huil as ek hom wys hoe die rump vernietig is op die plaas in die proses om die boud af te haal. Fillets wat vlenters gesny word, ens ens. 


U sal ook besef dat n karkas wat boude en blaaie, ribbes af, sirloins uit ens by my aankom, nie allenlik meer hangspasie opneem nie, maar dat die arbeid dubbel is, aangesien een werker nou die deel karkas moet houvas, terwyl n ander dit ontbeen. As n karkas heel is, ontbeen slegs een werker die hele karkas. Dit is dus vir eie sak dat ek die versoek rig, aangesien u meer arbeid gaan betaal indien n karkas uitmekaar ontvang word.


Ek sien uit daarna om u te ontvang na u jagtog. 

1. Biltong en Droëwors – R 25.50/kg karkas gewig, bereken op 45/55 elk, alles ingesluit. Indien jagter meer droëwors as biltong versoek, verhoog die prys aangesien meer vet en derms gebruik word as normaal. 
2. Indien chilly of Bbq stiks verlang word meer as 5kg, is R3.50 pkg arbeid ekstra betaalbaar. 
3. Verpakking in 5 kg vacuumsakke, of soos u verlang.  Ek het droogmaak spasie, maar is beperk, dus moet u asb vooraf reel vir droogmaak teen n koste van R 7.00/kg nat gewig.
4. Slegs opsny en verpak – R 7.80/kg. Alle sigbare senings ens word verwyder. Hierby ingesluit is alle items wat geen bestandele kry nie bv: Steak, Maalvleis, Kookvleis ens.
5. Indien steaks gemarineer word, R 78.00/lt marinade wat gebruik word. 
6. Snitchels klaar gekrummel R34.00 vir pak van 4 en gordon Bleu gevul met kaas en ham of spek R70.00 vir pak van 4.
7. Sosaties gestop met spek, uie en groenpeper, in n tuisgekookde kerrie sous, R39.00 vir pak van 4.
8. Rolribs en ontbeende gestopde boude werk ongeveer R 78-00/elk uit – afhangende van die grootte, word gestop met spek, pynappel, greenpepper en uie, knoffel indien verkies, en in ‘n net met marinade van keuse.
9. Burger patties word met 130mm drukker gemaak, enige gramme wat u verkies. Die gewildstre is 130mm 150gr. Patties kry uie en 30% vark of brisket in, met my normale resep is die koste op patties ongeveer R 32-00/kg.
10. Boerewors kry 30% vark of brisket, R32.00 per kg, Geure is rooiwyn en n knypie knoffel, swart peper, chilly, chilly cherry (kersies is ekstra teen R18.00 per 100gr) worchestersous, chutney wors, Sout en peper, Kaas boerewors ( kaas is ekstra @ R108.00 pkg) Prego Boerewors en  kerrie sosatie wors. Alles ingesluit werk dit ongeveer R 32-00/kg uit. Ek kan u waarborg, wildswors soos u nog nooit geproe het nie!!!
11.    Vlakvark, Bosvark en Zebra:    
      a. Salamie – R 39.00/kg
      b. Cabanossi en Russian – R 39.00/kg
      c. Kaaswors – R 49-50/kg vars kaas word gebruik, nie kaas poeier nie
      d. Carpacio’s en Bacon – R 35.00/kg  Pekel en rook. 
12. Vacuumverpakking is R 2-00/pak, polisterien met vacuum (skenkel en nek)  R 3-50/pak.
13. Biltong en droewors kan gedroog word teen R7.00/kg nat gewig. Vacuum verpakking in pakke van u keuse word gedoen teen R3.90 per verpakking, dan word dit binne in n bruin  biltong sakkie vacuum verpak. U kan dit dan vries, en uithaal soos benodig, dit proe of dit vars afgehaal is indien ontdooi.
14. Skilpadjies en pofadder, R38.00 per kg. Word gestop in skaap vetderm, alle bestandele wat bygevoeg word ingesluit.
15. Maak van pastye, R52.00 pkg, klaar gekook en in n 1kg bakkie met deeg, u bak dit net vir 40min om deeg gaar te maak.
16. Maak van frikadelle, R39.00 pkg. Alle bestandele ingesluit.

17.  Gestopte filette - kaas en pynappel toegedraai in bacon en in n net - R100

18.  Fillet met Olyfolie, swartpeper en heel mosterd - R 45.00

19. Bacon en cherry sticks (Oepsies) U vlakvark se bacon met kersies - 4 per pak met marinade - R 29-00 per pak.

20. Wild Olive - topside dun gesny tenderized gevul met n wors mengsel maalvleis - R29-00 pak van 4.

 

Varkspek of Bees Brisket word gebruik in u Boerewors, pattys, frikadelle ens. Se my asb wat u verkies.

Droewors word met 30% Bees Brisket gemaak.  Geen skaapstert beskikbaar. As u het of kan kry, gebruik ek dit met graagte in u wors.

Die pryse soos bo, sluit alle bestandele in, geen verrassings!!! U ontvang n volledige rekening waar bestandele en verpakking apart uiteengesit word. 
Ons maak wors, droë wors, biltong, chilly of BBQ sticks, cabanossi, steaks gemarineer of gespice, burger patties, carpacio’s, lewerwors en skilpadjies, rolribs en gestopde boude, snitchels en Gordon Bleu gestop met kaas en bacon, maalvleis met bees by as u dit verkies, sosaties met tuisgekookde kerrie sous, salamie, russians, kaaswors gerook of gewoon, pastye, frikadelle, gestopde fillette, en as daar iets spesiaal is wat u versoek, noem dit en ons doen dit!!!
Gerookde items word ook gedoen, teen R 180/uur.
Skakel my gerus indien u enige navrae het, ons help graag.

Ons sien daarna uit om u te ontvang na u jagtog met ‘n koue bier of ‘n warm koppie koffie of tee vir die nie-drinkers terwyl my personeel u wild inweeg.
Geniet  u jag, Veilig wees, As daar lood in die lug is, kan daar bloed op die bakkie wees!!!

Terug Terug na bo