Wildsbewerking.  

 

LEDE VAN DIE SAJWV EN JARACAL JAGTERS FORUM SAL 5% AFSLAG KRY VIR BETALING IN KONTANT.

Pryse soos uiteengesit is vir die 2019 jagseisoen, en sal nie verander tensy daar drastiese stygings in spesery, derms, vet, skaap en vark pryse is nie, en sal jagters vooraf in kennis gestel word van enige verhoging.

Wild word alle ure ontvang, met vooraf reeling, omdat ek self ‘n jagter is, weet ek dat ‘n man nie altyd voor 17H00 op ‘n Sondag kan in wees nie, om etlike redes, my telefoon is 24/7 aan en u is welkom, enige tyd, skakel Robbie 0822978380, Elize 0847031095, Sakkie 0797192131 en tref reelings. Onthou net asb dat ek nie my personeel onbepaald hier kan laat wag nie. Hulle moet ook nog taxi's kry om by hulle huise uit te kom.  Amptelik is my ure van 10h00 tot 17h00.  Dit is dus slegs vir n noodgeval waar ons daarna help, en mag dit gebeur dat my mense al huistoe is, en u self sal moet help aflaai na ure. 

ONS NUWE ADRES SEDERT SEPTEMBER 2017 IS HOEP HOEPWEG 594,  DERDEPOORT. 

Wild moet asb binne 24 uur nadat u die oproep of sms ontvang het dat die bewerking afgehandel is, afgehaal word. Geen aanspreeklikheid sal geneem word vir vleis wat nie afgehaal word nie, en daarna versleg nie.

Ons produk is ons trots, en alhoewel ek ‘n fooi vra vir vacuumverpakking, het ek deur die jare geleer dat tot die gades meer gediend is met die jagnaweek, as die vleis netjies en klaar verpak, met n duidelike plakker van wat binne elke pakkie is, by die huis opdaag, en mamma nie met bloed besmeerde tafels moet sukkel nadat jy die verpakking gedoen het nie.

Met meer as 5000 jagters tans op my stelsel, kan u my gerus besoek, enige een of 100 uitsoek, en skakel vir ‘n verwysing. Van enkel biltong jagters tot korporatiewe groepe word hanteer. Indien so versoek, deel ons klaar die produkte vir die " 20 " manne in die groep gelykop, en elke man kan sy pakke kom afhaal.

Ek poog om my pryse so te hou dat dit steeds vir u as jagter bekostigbaar sal wees, dus vra ons vir aflewering ‘n brandstof fooi. Betalings wat in kontant gedoen word, gee ek graag u 5% korting. EFT oorbetalings kan gedoen word, ongelukkig dan vir die faktuur bedrag, bring net die bewys van betaling saam as u kom afhaal GEEN KREDIETKAARTFASILITEIT BESKIKBAAR NIE. SLEGS  KONTANT OF EFT

Wild word ingeweeg, en weer uitgeweeg as u kom afhaal. Bene en bloedvleis is ook u eiendom, dus ontvang u alles terug.

Jammer maar geen vleis sal die perseel verlaat voordat die betaling ontvang is nie.

Hou asb die karkasse heel waar moontlik!! Indien dit groot wild soos Eland of Blouwildebees is, halfeer dit net agter die laaste rib, dit is aan die punt van die binne fillet, en mooi in die middel van die sirloin. Los die blaaie ook aan die voorkwart.  Indien die boer n kwartering saag het, laat hulle dit in kwarte sny, dit is 100%. Glo my dit is vir u eie beswil. Die manne op die plaas is skaars slagters, wat nog te se van blokmanne!! Ek sien elke jaar hoe n man wat rump steaks op sy eland wil he, wil huil as ek hom wys hoe die rump vernietig is op die plaas in die proses om die boud af te haal. Fillets wat vlenters gesny word, ens ens. 

U sal ook besef dat n karkas wat boude en blaaie, ribbes af, sirloins uit ens by my aankom, nie allenlik meer hangspasie opneem nie, maar dat die arbeid dubbel is, aangesien een werker nou die deel karkas moet houvas, terwyl n ander dit ontbeen. As n karkas heel is, ontbeen slegs een werker die hele karkas. Dit is dus vir eie sak dat ek die versoek rig, aangesien u meer arbeid gaan betaal indien n karkas uitmekaar ontvang word.

 

  1. Biltong en Droëwors – R 28-50/kg karkas gewig, bereken op 45% biltong en 55% maalvleis produkte, alles ingesluit. Indien jagter meer droëwors as biltong versoek, verhoog die prys aangesien meer vet en derms gebruik word as normaal. Indien chilly of Bbq stiks verlang word meer as 3kg, is R5-00 pkg arbeid ekstra betaalbaar.  Verpakking in 5 kg vacuumsakke, of soos u verlang.  Ek het droogmaak spasie, maar is beperk, dus moet u asb vooraf reel vir droogmaak teen n koste van R 9.00/kg.

Slegs opsny en verpak – R 9-50/kg. Alle sigbare senings ens word verwyder.

  1. Indien steaks gemarineer word, R 79.00/lt marinade wat gebruik word. Snitchels klaar gekrummel R39.00 vir pak van 4 en Gordon Bleu gevul met kaas en ham of spek R79.00 vir pak van 4.
  2. Sosaties gestop met spek, uie en groenpeper, in n tuisgekookde kerrie sous, R39-00 vir pak van 4.
  3. Rolribs en ontbeende gestopde boude werk ongeveer R 80-00/elk uit – afhangende van die grootte, word gestop met spek, pynappel, greenpepper en uie, knoffel indien verkies, en in ‘n net met marinade van keuse.
  4. Burger patties word met 100mm of 130mm drukker gemaak, enige gramme wat u verkies. Die gewildstre is 130mm 150gr. Patties kry uie en 30% vark of brisket in, met my normale resep is die koste op patties ongeveer R 34-00/kg.
  5. Boerewors kry 30% vark of brisket, R34.00 per kg, geure is rooiwyn en n knypie knoffel, swart peper, chilly, chilly cherry (kersies is ekstra teen R18.00 per 100gr) worchestersous, en  kerrie sosatie wors, peper, peper en kaas (kaas ekstra teen R108 pkg) Chutney en Fruit Chutney ( ekstra word vir droe vrugte en Chutney gehef). Chakalaka wors - Chakalaka en vrugte is ekstra. Ek kan u waarborg, wildswors soos u nog nooit geproe het nie!! 
  6. Gestopde filette - gemidelde groot bok - R 100.00 elk, gestop met kaas toegedraai in bacon met net. Eland, kudu bul ens R140-00. 
  7. Vlakvark en Zebra produkte. 8.1.  Salamie – R 42.00/kg

      8.2.  Cabanossi en Russian – R 42.00/kg

      8.3. Kaaswors – R 52-50/kg vars kaas word gebruik, nie kaas poeier nie

      8.4.  Carpacio’s en Bacon – R 36.00/kg  Pekel en rook.

      8.5.  Oepsies en sisters - pak van 4 - R 48.00 per pak.

Onthou gerus, vlakvark maak n uitstekende boerewors, hou dit gerus in gedagte wanneer u oor u vark besluit.

      

      9.  Vacuumverpakking is R 2.30/pak, polisterien met vacuum (skenkel en     nek     R 3.50/pak.

     10.  Biltong en droewors kan gedroog word teen R9.00/kg nat gewig. Vacuum verpakking in pakke van u keuse word gedoen teen R 4.50 per verpakking, dan word dit binne in n                 bruin  biltong sakkie vacuum verpak. U kan dit dan vries, en uithaal soos benodig, dit proe of dit vars afgehaal is indien ontdooi.

      11.  Skilpadjies en pofadder, R39.00 per kg. Word gestop in skaap vetderm, alle bestandele wat bygevoeg word ingesluit.

      12.  Maak van pastye, R54.00 pkg, klaar gekook en in n 1kg bakkie met deeg, u bak dit net vir 40min om deeg gaar te maak.

      13.  Maak van frikadelle, R42.00 pkg. Alle bestandele ingesluit.

Die pryse soos bo, sluit alle bestandele in, geen verrassings!!! U ontvang n volledige rekening waar bestandele en verpakking apart uiteengesit word. 

Ons maak wors, droë wors, biltong, chilly of BBQ sticks, cabanossi, steaks gemarineer of gespice, burger patties, carpacio’s, lewerwors en skilpadjies, rolribs en gestopde boude, snitchels en Gordon Bleu gestop met kaas en bacon, maalvleis met bees by as u dit verkies, sosaties met tuisgekookde kerrie sous, salamie, russians, kaaswors gerook of gewoon, pastye, frikadelle, gestopde fillette, en as daar iets spesiaal is wat u versoek, noem dit en ons doen dit!!!

Gerookde items word ook gedoen, teen R 180/uur.

Skakel my gerus indien u enige navrae het, ons help

 

LEDE VAN DIE SAJWV EN JARACAL JAGTERS FORUM SAL 5% AFSLAG KRY VIR BETALING IN KONTANT. LET WEL DAT  EFT TRANSAKSIES KWALIFISEER NIE VIR DIE AFSLAG NIE..

Normale besigheids ure is Maandag tot vrydag 8h00 tot 18h00. Saterdae gesluit, Sondag 10h00 tot 17h00.


Ek kan 18 ton wild per week inneem, dit is wat my koelkamers en bewerking toelaat, dus is dit wys om vooraf, bv die Maandag te bespreek dat u die Sondag inkom, en versoek ek ook dat u my net sal laat weet voor u vertrek met wat u oppad is. Baie keer gebeur dit dat u nie u kwota skiet waarvoor plek gehou word nie, dan kan ek dalk ‘n ander jagter ook help wat nie bespreek het ni
Ek poog om my pryse so te hou dat dit steeds vir u as jagter bekostigbaar sal wees, dus vra ons vir aflewering ‘n brandstof fooi. Betalings wat in kontant gedoen word, is vir die faktuur bedrag min 5% indien u SA Jagters of Jaracal lid is.  EFT oorbetalings kan gedoen word, bring net die bewys van betaling saam. U sal dan egter die 5% korting verbeur.

 

Varkspek of Bees Brisket word gebruik in u Boerewors, pattys, frikadelle ens. Se my asb wat u verkies.

Droewors word met 30% Bees Brisket gemaak. Ek gebruik slegs Karan Beef vet, nie lokale slagpale vet nie.

Geen skaapstert beskikbaar. As u het of kan kry, gebruik ek dit met graagte in u wors.

Die pryse soos bo, sluit alle bestandele in waar van toepassing, geen verrassings!!!

U ontvang n volledige rekening waar bestandele en verpakking apart uiteengesit word. 

Ons maak wors, droëwors, biltong, chilly of BBQ sticks, cabanossi, steaks gemarineer of gespice, burger patties, carpacio’s, lewerwors en skilpadjies, rolribs en gestopde boude, snitchels en Gordon Bleu gestop met kaas en bacon, maalvleis met bees by as u dit verkies, sosaties met tuisgekookde kerrie sous, salamie, russians, kaaswors gerook of gewoon, pastye, frikadelle, gestopde fillette, en as daar iets spesiaal is wat u versoek, noem dit en ons doen dit!!!
Gerookde items word ook gedoen, teen R 180/uur.
Skakel my gerus indien u enige navrae het, ons help graag.


Geniet  u jag, Veilig wees, As daar lood in die lug is, kan daar bloed op die bakkie wees!!!

Ons sien daarna uit om u te ontvang na u jagtog met ‘n koue bier, koeldrank, water of ‘n warm koppie koffie of tee vir die nie-drinkers terwyl my personeel u wild inweeg.

Terug Terug na bo