Getuigskrifte

Freddie Snijman:
Die wildshoekievleis mark is nie my eerste vleismark wat ek al gebruik het om my jaarlikse wildsvleis te laat bewerk nie, maar Wildshoekie Vleismark staan kop bo water uit teenoor al die ander voriges waarvan ek al gebruik gemaak het. Wat vir my uitstaan van Wildshoekie Vleismark is hulle netjiese verpakking presies soos jy dit wil he.Nie net die verpakking nie, hulle gaan so ver om jou vleis ordentlik netjies te merk, sodat jy jou pakkies mooi kan identifiseer, veral omdat dit in die vrieskas moeilk kan wees om vleis te onderskei.

Kobus van den Berg:
Wildshoekie Vleismark: Dit is werklik n plesier om met Robbie/Elize besigheid te doen. Jare lank het ek van n plaaslike slaghuis se dienste gebruik gemaak maar diens het verswak en het Wildshoekie n kans gegee. Van dag een af het ek deel van die familie geword en nooit weer sal my vleis deur iemand anders bewerk word nie. Goeie resepte, uitstekende verpakking en vriendelike diens...... waarvoor kan n man meer vra. Word deel van die familie en jy sal nooit terugkyk nie. Dankie Wildshoekie!!!

Caroline - JHB Sandton:
I started using Wildshoekie for my venison processing this year and can strongly recommend them. Robbie and his team has years of experience and it is well worth trying out some of the wide range of options like sosaties, deboned leg, salami, cheese grillers, to name but a few.

Die Steyns:
Graag wil ek julle span by Wildshoekie Vleismark bedank vir die bewerking van ons vleis. Julle was vinnag en so behulpsaam. Ons vleis wat jul bewerk het was heerlik en sal julle aanraai vir eninge iemand. Alle verwagtinge oortref. Julle is tops. Nogmaals dankie. Die Steyn's

Johan:
Ek wil graag net se dat die diens en kwaliteit vleis wat gelewer word deur Wildshoekie vleismark is puik. Hul vriendelikheid en bereidwilligheid om die extra myl met jou te stap is iets ongelooflik. n mens kan sien dat hul baie moeite doen om die beste produk vir hul kliente te wil gee. Die vleis word mooi verwerk soos verlang en dan verpak. Die verpakking van die vleis word baie goed gedoen. My vrou en ek self kan nie uit gepraat raak oor die vleis wat so mooi verwerk en verpak is nie. Die vleis word in stewige sakkies verpak en gemerk om dit vir ons maklik te maak as jy na iets spesifiek soek om gaar te maak. Robbie, Elize en jul span wil ek net dankie se vir jul puik diens wat jul lewer en nog gaan lewer want ek gaan beslis weer en weer van jul dienste gebruik maak. Dankie Johan




: *

Jou naam:

Jou e-posadres:
Spam Check:
Terug Terug na bo