Kliënte

1. Caroline - JHB Sandton

I started using Wildshoekie for my venison processing this year and can strongly recommend them. Robbie and his team has years

of experience and it is well worth trying out some of the wide range of options like sosaties, deboned leg, salami, cheese grillers, to name but a few.

2. Die Steyns

Graag wil ek julle span by Wildshoekie Vleismark bedank vir die bewerking van ons vleis. Julle was vinnig en so behulpsaam. Ons vleis wat jul bewerk het was heerlik en sal julle aanraai vir enige iemand. Alle verwagtinge oortref. Julle is tops. Nogmaals dankie. Die Steyn's

3. Johan

Ek wil graag net se dat die diens en kwaliteit vleis wat gelewer word deur Wildshoekie vleismark is puik. Hul vriendelikheid en bereidwilligheid om die extra myl met jou te stap is iets ongelooflik. n mens kan sien dat hul baie moeite doen om die beste produk vir hul kliente te wil gee. Die vleis word mooi verwerk soos verlang en dan verpak. Die verpakking van die vleis word baie goed gedoen. My vrou en ek self kan nie uit gepraat raak oor die vleis wat so mooi verwerk en verpak is nie. Die vleis word in stewige sakkies verpak en gemerk om dit vir ons maklik te maak as jy na iets spesifiek soek om gaar te maak. Robbie, Elize en jul span wil ek net dankie se vir jul puik diens wat jul lewer en nog gaan lewer want ek gaan beslis weer en weer van jul dienste gebruik maak. Dankie Johan

4. Lizbe

Hi Robbie, ek wil graag vir jou en jou personeel bedank vir die uitstekende vleis wat ons van julle ontvang het! My man het so twee weke gelede n blesbok daar by julle laat bewerk, en op jou aanbeveling het julle vir ons schnitzels gemaak uit van die vleis - ons het gisteraand die eerste schnitzels gemaak en dit was die lekkerste wat ek nog ooit geeët het. Die vleis is sag en geurig en so lekker dat my mond nog steeds water as ek daaraan dink! Ek was eers skepties toe jy gesê het ons moet dit so doen, maar ek was verkeerd en glad nie bang om dit te erken nie. Ek wens nou eintlik ek het laat julle sommer dubbel die hoeveelheid maak. Die wors is ook baie lekker - ons het vir twee vriende elk ook n pakkie gegee en ons almal stem saam dat dit die lekkerste dun worsies is wat ons nou in 'n lang tyd gemaak het! En ook so met die maalvleis - dit alles smaak soos nog! Ek is maar altyd versigtig om wildsvleis te koop/maak want min mense kan wildsvleis ordentlik bewerk, marineer en soms proe mens nog te veel die wild daarin maar julle is n klomp supersterre - die vleis smaak soos dit moet, vars en sappig! Definitief nie die droë, taai snert wat mens deesdae in die winkels koop nie. Julle kruie mengsels is perfek gebalanseer en daarvoor moet ek vir julle n groot "thumbs" up gee. Ek het nog n vrieskas vol vleis en kan nie wag om die res ook uit te toets nie! Baie baie dankie! Ons sal beslis nooit by iemand anders ons vleis laat bewerk nie - julle is duidelik die beste! Vriendelike groete, Lizbe van den Berg

5. Hennie Viljoen

Ek wil net vir Robbie, Elize en die res van die Wildshoekie Vleismark span bedank vir hulle uitstekende diens! Hulle vriendelikheid, kwaliteit van wildsvleis produkte en die netheid van hul verpakking sal verseker dat ek weer my wildsvleis vir hulle vat om te laat bewerk. Robbie en sy span laat jou meer soos 'n vriend as 'n kliënt voel en hulle is bereid om jou wilds vleis volgens jou behoeftes te bewerk. Verby is die dae wat my vrou haar neus vir wildsvleis optrek, want vandat ek my wildsvleis by die Wildshoekie Vleismark laat bewerk gee sy nie meer om as ek gaan jag en met wilds vleis by die huis aankom nie!

6. Freddie

Kom vertel nou vir my as jy dink jy het 'n beter oplossing as Wildshoekie Vleismark met hulle dienste. Daai moet nog gebore word. Vertel my wie kan vleis mooier verpak as Wildshoekie Vleismark, niemand nie. Netjies verpak, geseël en geïdentifiseer met plakkers. Maklik om vleis uit te ken as dit gevries het. Hierdie mense weet wat hulle doen en wil dit vir jou doen. Seker nou my derde keer wat hulle my wildsvleis hanteer. www.chemcoolweb.co.za


Arikel SA Jagter tydskrif Oktober 2019 aangaande hierdie unieke slaghuis wat produkte lewer van biltong tot wilds vleis.