Hi Robbie, ek wil graag vir jou en jou personeel bedank vir die uitstekende vleis wat ons van julle ontvang het! My man het so twee weke gelede n blesbok daar by julle laat bewerk, en op jou aanbeveling het julle vir ons schnitzels gemaak uit van die vleis - ons het gisteraand die eerste schnitzels gemaak en dit was die lekkerste wat ek nog ooit geeët het. Die vleis is sag en geurig en so lekker dat my mond nog steeds water as ek daaraan dink! Ek was eers skepties toe jy gesê het ons moet dit so doen, maar ek was verkeerd en glad nie bang om dit te erken nie. Ek wens nou eintlik ek het laat julle sommer dubbel die hoeveelheid maak. Die wors is ook baie lekker - ons het vir twee vriende elk ook n pakkie gegee en ons almal stem saam dat dit die lekkerste dun worsies is wat ons nou in 'n lang tyd gemaak het! En ook so met die maalvleis - dit alles smaak soos nog! Ek is maar altyd versigtig om wildsvleis te koop/maak want min mense kan wildsvleis ordentlik bewerk, marineer en soms proe mens nog te veel die wild daarin maar julle is n klomp supersterre - die vleis smaak soos dit moet, vars en sappig! Definitief nie die droë, taai snert wat mens deesdae in die winkels koop nie. Julle kruie mengsels is perfek gebalanseer en daarvoor moet ek vir julle n groot "thumbs" up gee. Ek het nog n vrieskas vol vleis en kan nie wag om die res ook uit te toets nie! Baie baie dankie! Ons sal beslis nooit by iemand anders ons vleis laat bewerk nie - julle is duidelik die beste! Vriendelike groete, Lizbe van den Berg