Meer oor Ons


Die Wildshoekie Vleismark is gestig in 2010  in Pretoria -Noord, waarna ons verhuis het na Centurion en later na  Kameeldrift en nou amper 2  jaar hier reeds sal wees.

Ons is reeds betrokke in die vleisbedryf vir die afgelope 25  jaar. Dit sluit ook in wild, bees, hoender, skaap, vark en biltong.

Robbie is in beheer van ontvangs en die hantering van wildsvleis bewerking asook volle administrasie van Wildshoekie Vleismark.

Ons doen ook elke Saterdag oggend die Boeremark in Silverton Pretoria by die Van Wyksgronde (nuwe perseel Moraletta str 665) en ook by die Kimiad mark. Ons het daar 'n 12 m tafel met verskillende vleis beskikbaar, weer eens van wild tot skaap, hoender, vark, bees en moet nie die biltong vergeet nie.

Robbie en sy personeel behartig ook die inneem van wild in die jag seisoen hier by die Wildshoekie Vleismark in DERDEPOORT (KAMEELDRIFT OMGEWING).  

Hier onder  fotos van assistente tydens ons Boeremark oggende.

Het jy al gedink ons vleis produkte lyk regtig so mooi as verskeie fotos op die webtuiste?

Probeer ons!