Geurmiddels

Die heel eerste aspek wat Wildshoekie Vleismark baie duidelik verstaan en streng nakom is die gevalle van mense wat allergië beleef. Ons doen moeite om bymiddels en geurmiddels te gebruik wat nie allergië sal bevorder nie.

Wildshoekie Vleismark maak gebruik van Freddie Hirsch en Crown geurmiddels, maar as jy besluit om jou eie geurmiddels te wil gebruik, is jy welkom ons in te lig en ons sal dit aanskaf dienooreenkomstig.

Ons maak en gebruik ons eie geurmiddel kombinasies en probeer niemand anders namaak daarmee nie, daarom is ons verskillend hieroor as dit kom by ons kompetisie, ons doen ons eie resepte.

Vleisbewerking hier by Wildshoekie Vleismark word ingedagte gehou vir enige persone wat allergies is vir preserveermiddels. MSG is wel betrokke in van die produkte maar versoek ons dat kliënte spesefiek moet vra as MSG vermy moet word! Doen dit asseblief veral die dag as jy jou wildskarkas by ons kom inhandig.

Indien n kliënt gevoelig is vir suiker, dan moet jy dit asseblief ook aan ons oordra die dag as jy jou wildskarkas hier by ons kom inhandig.





Asyn is ook n produk wat ons reg aanspreek hier by Wildshoekie Vleismark. As dit gaan oor asyn versoek ons weer dat jy ons absoluut moet inlig rondom jou asyn vereiste. Daar is n asyn wat alternatief gebruik kan word naamlik appelasyn. Wildshoekie Vleismark sal dus die appelasyn gebruik, peper en Himalaya sout vir persone wat allergiese reaksie toon op preserveermiddels.

Onthou dus om hierdie aspekte met ons te deel die dag as jy jou wildskarkas by ons kom inhandig.