Vlakvark & Bosvark Bewerking

Lus om n vlakvark of n bosvark te jag die seisoen?

Jy weet  dalk nie wat om met die vlakvark lekkerte te maak nie,  wel bring jou vlakvark of bosvark na  wildshoekie Vleismark toe en ons sal vir jou lip-lekker produkte maak waaraan jy heerlik kan smul. Vlakvark en bosvark produkte soos

1.  Vlakvark en bosvark kasler tjops

2. Vlakvark en bosvark sosaties

3. Vlakvark en bosvark salamies

4 .Vlakvark en bosvark snitzels

5. Vlakvark en bosvark gerookte kaaswors

6. Vlakvark en bosvark chillie cherry cheese kaaswors en heerlike boereworse

7.  Vlakvark en bosvark bacon

8. Vlakvark en bosvark gestopte boude en as jy  baie van gammons hou kan wildshoekie Vleismark ook vir jou n heerlike vlakvark of bosvark gammon maak.

9. Wildshoekie vleismark  kan ook die bosvark opsny soos n skaap en jy kan die tjoppies netso  heerlik braai.

10. Vlakvark en bosvark cabernossi kan ook gemaak word wat heerlik is, maar wildshoekie Vleismark   verkies om vlakvark en bosvark cabernossi te rook natuurlik volgens jou keuse.

11. Wees asb net versigtig om vlakvark en bosvark cabernossi in die somer maande te maak (OP EIE RISIKO). Die hitte mag dit dalk laat suur word, want een van die bestandele in vlakvark en bosvark cabernossi is gewone vark spek.

12. Jy sal verras wees om te weet dat bosvark nie so wild proe as vlakvark nie, maar eerder die smaak volg van vark waaraan ons gewoond is.