Droë Wors

Wildshoekie Vleismark wil jou meer inlig omtrent wild en bees droë wors.

Die proses van wild en bees droë wors is dieselfde.

Brisket word volgens persentasie bygevoeg of selfs skaap vet kan gebruik word.

Natuurlik word daar speserye bygevoeg saam met water en word in n derm gestop. 

Dan is dit vir die droog proses tydperk om plaas te vind. 

In warm weer kan die proses tot amper drie dae neem. 


In droë wors kom daar geen varkvleis by nie! Sodra jy varkvleis byvoeg, dan praat ons van n cabernossi.  Terwyl ons hier is, daar kom ook nie varkvleis in mince nie! Wildshoekie Vleismark doen dit net nie! Wildshoekie Vleismark sit nie varkvleis in droë wors nie! Varkderm want dan as 'n  dik wors eindig en skaapderm wat dan as dun wors eindig.  

Ons behoort ook dan te kan kennis dra dat wildsvleis gesonder is as bees en natuurlik n groter protein inhoud dra.