Die proses om biltong te maak by Wildshoekie Vleismark neem so twee dae, want dit is uiters belangrik dat die biltong vleis oornag in die geheime sous en self vermengde speserye moet lê, dan word die volgende proses die droog daarvan eers uitgeoefen. Die droog proses as die weer saam speel en dis lekker warm kan tot drie dae neem afhangende van hoe die kliënt sy biltong soek. Tagtig persent is nou lekker knipmes droogte by Wildshoekie Vleismark maar dit kan ook baie droog gemaak word maar waak teen dit want dit kan die wildsbiltong ook baie hard maak en moeilik maak om te sny. Wanneer biltong gekerf word gooi dit liefs in n bruin papier sakkie en moenie dit vacuum nie anders gaan dit alles styf teen mekaar druk en n groot bol vorm.