Wildsbewerking

Geen, maar geen karkas sal ingeneem word met die vel aan nie!


Wildsbewerking

Geen karkas mag ingeneem word met die vel aan nie!


Kyk asb op die plaas dat u karkas skoon is, ek het nie geriewe om n karkas te was nie. 

KKy

LEDE VAN DIE SAJWV EN JARACAL JAGTERS FORUM SAL 5% AFSLAG KRY VIR BETALING IN KONTANT.


Wild word alle ure ontvang, met vooraf reëling, omdat ek self ‘n jagter is, weet ek dat ‘n man nie altyd voor 17h00 op ‘n Sondag kan in wees nie, om etlike verskeie redes. My telefoon is 24/7 aan en u is welkom om enige tyd te skakel. 

Robbie 0822978380 / 0847031095 

Sakkie  0797192131 

Tjaart 0767993173

Amptelik is my ure op Sondag gedurende die wildseisoen, van 10h00 tot 17h00. Dit is dus slegs vir n noodgeval waar ons daarna help en mag dit gebeur dat my mense al huistoe is, en u dan sal moet help aflaai.  Gedurende besigheids ure, kan u terugstaan, iets kouds of warm geniet om te drink, en my personeel doen die aflaai werk.

ONS NUWE ADRES SEDERT SEPTEMBER 2017 IS HOEP HOEPWEG 594, DERDEPOORT.

Wild moet asb binne 24 uur nadat u die oproep of sms ontvang het dat die bewerking afgehandel is, afgehaal word! Geen aanspreeklikheid sal geneem word vir vleis wat nie afgehaal word in 24 uur nie en moontlik kan versleg het omdat u dit nie kom afhaal het nie.

Ons produk is ons trots en enidig dit by die netjiese vacuum verpakking van alles, met n duidelike plakker wat u se wat se bok dit is, en wat binne in die pakkie is.  

Elke klient is vir my belangrik, van n enkel biltong jagter tot korporatiewe groep, word die selfde diens gelewer.  Vir groepe word u vleis op versoek klaar verdeel tussen die aantal persone. 

Ek poog om my pryse so te hou dat dit steeds vir u as jagter bekostigbaar sal wees, dus vra ons vir aflewering ‘n brandstof fooi. Vir Betalings wat in kontant gedoen word, krediteer ek graag 5% korting.  EFT oorbetalings kan gedoen word, bring net die bewys van betaling saam as u kom afhaal. 

Wild word ingeweeg en weer uitgeweeg as u kom afhaal. Bene en bloedvleis is ook u eiendom, dus ontvang u alles terug.  Ek hou geen vleis terug nie.  Afhangende van wat u met die bok doen, moet u 100kg karkas na bewerking wat daar bestandele bygevoeg is, natuurlik mos meer weeg as wat u ingegee het.  

Jammer maar geen vleis sal die perseel verlaat voordat die betaling ontvang is nie!

Hou asseblief die karkasse heel waar moontlik! Indien dit groot wild soos Eland of Blouwildebees is, halveer dit net agter die laaste rib, dit is aan die punt van die binne fillet en mooi in die middel van die sirloin. Los die blaaie ook aan die voorkwart. Indien die boer n kwartering saag het, laat hulle dit in kwarte sny, dit is 100% reg so. Versoek die plaas eienaar om jou karkas af te spoel om ontslae te raak van gras, grond en pensmis. Glo my dit is vir u eie beswil. Die manne op die plaas is skaars slagters, wat nog te se van blokmanne! Ek sien elke jaar hoe n man wat rump steaks op sy eland wil he, wil huil as ek hom wys hoe die rump vernietig is op die plaas tydens die proses om die boud te verwyder en selfs fillets wat onnodig flenters gesny word.

U sal ook besef dat n karkas wat boude en blaaie, ribbes af, sirloins uit wat by ons aankom, nie net aansienlik meer hangspasie opneem nie, maar dat die arbeid dubbel is aangesien een werker nou die deel karkas moet vashou terwyl 'n ander dit ontbeen. As n karkas heel is, ontbeen slegs een werker die hele karkas. Dit is dus vir jou eie sak dat ek die versoek rig aangesien u meer arbeid gaan betaal indien n karkas uitmekaar ontvang word.

Bewerkings kostes. 

Onthou gerus, by Wildshoekie kry u AL u vleis terug, nie net die gewig wat ingeweeg is nie. Afhangende van die bewerking, word dit wat bygevoeg word, nie terug gehou nie, u betaal mos daarvoor!

Ons produk is ons trots


1. Maak van Biltong en Droëwors met 30% Karan beef Brisket vet -  R35,50 /kg karkas inweeg gewig. 

1.1.  Maak van Biltong en droewors met 20% vet – R29-80 pkg karkas inweeg gewig.

Dit word bereken op 45% biltong en 55% "trimmings".  Die prys sluit ALLES IN, geen ekstra koste behalwe verpakking.  Die “Trimmings” (Droӫwors) gedeelte kan ook verdeel word tussen Droӫwors, Pattys, Boerewors ( sien punt no 10)  en maalvleis teen die koste soos bo.  Slegs “ekstra bestandele” soos by boerewors sal ekstra gehef word. 

Indien 'n jagter egter meer droëwors as biltong versoek, verhoog die prys aangesien meer vet en derms gebruik moet word as normaalweg.  

2. Chilli, Bbq, Chutney en Peper stiks kan ook gemaak word.  Tot op 5kg ingesluit by no1.  Meer as 5kg is R5 p/kg ekstra betaalbaar.

3. Ek het droogmaak spasie, maar is beperk, dus moet u asb vooraf reël vir droogmaak teen n koste van R 14.00/kg nat gewig.

4. Basiese bewerking wat GEEN bestandele bygevoeg word nie, R13-00 pkg karkas inweeg gewig.  Dit sluit alles in, bv: ontbening, sny van steaks, goulash, sticks, biltong, maal van vleis, opsny van kookvleis ens.  GEEN BESTANDELE INGESLUIT. 

5. Indien steaks gemarineer word, R 90 - 00/lt marinade wat gebruik word.

6. Snitchels klaar gekrummel R39-00 vir 'n pak van 4 en Gordon Bleu gevul met kaas en ham of spek R83 - 00 vir 'n pak van 4.

7. Sosaties gestop met spek, uie en groenpeper my  tuisgekookde kerrie sous, R41-00 vir 'n pak van 4.

8. Rolribs en ontbeende gestopde boude werk ongeveer R 89-50/elk uit, afhangende van die grootte en word gestop met spek, pynappel, greenpepper en uie of knoffel indien dit eerder verkies word en in ‘n net met marinade van jou keuse.

9. Burger patties word met 130mm drukker gemaak, enige gramme wat u verkies. Die gewildste is 130mm 150g. Patties kry uie en groenpepers in en 30% vark of brisket.  Koste is R39-00 pkg vir gewone Chargril.  Ons maak ook Kaas, Kaas en Peper, Kaas en Jalapino en Chilly.  Kaas, Jalapino en Chilly is ekstra betaalbaar.    

10. Boerewors kry 30% brisket wat R38.00 per kg beloop. Geure is rooiwyn en n knypie knoffel, swart peper, chilli, chilli cherry, worchestersous, kerrie sosatie wors, peper en kaas, Chutney en Fruit Chutney, Chakalaka, Tradisioneel, Sout en Peper, MSG Vry, Prego, Jalapino, Kaas en Jalapino, Spenasie en Feta, Pepadew en Kaas.  (Ekstra bestandele bv: Kersies, Kaas, Jalapino, Chilly, Peper, Chutney, Perske, Chakalaka, Prego, Spenasie, Feta ens word addisioneel betaal.) Ek kan u waarborg wildswors soos u nog nooit geproe het nie!

11. Gestopde filette - gemidelde groot bok - R 115.00 elk, gestop met kaas toegedraai in bacon met 'n net. Eland, kudu bul ens. R160-00.

12.  Steaks in netvet, klaar met speserye en in net, kan ook gestop word met kaas, peppadew of jalapino na smaak.  

13. Salamie – R 48.00/kg

14. Cabanossi en Russian – R 43.00/kg

15. Kaaswors – R 52.00/kg vars kaas word gebruik, nie kaas poeier nie.

16. Carpacio’s en Bacon – R 36.00/kg Pekel en rook.

17. Oepsies en sisters - pak van 4 - R 55.00 per pak.

Onthou gerus, vlakvark maak n uitstekende boerewors, hou dit gerus in gedagte wanneer u oor u vark besluit.

18. Vakuum verpakking is R 3.30 pak, polisterien met vacuum (skenkel en nek R 3.90/pak).  Sluit in plakkers wat die spesie aandui asook die produk in die pakkie.

19. Biltong en droëwors kan gedroog word teen R14.00/kg nat gewig. Vakuum verpakking in pakke van u keuse word gedoen teen R 5.50 per verpakking, dan word dit binne in 'n bruin biltong sakkie vacuum verpak. U kan dit dan vries en uithaal soos benodig, dit proe of dit vars afgehaal is indien ontdooi.

20. Skilpadjies en pofadder is R39.50 per kg. Dit word gestop in skaap vetderm, kry by uie, groenpeper en 30% bees vleis en brisket, alle bestandele wat bygevoeg word ingesluit.

21. Maak van pastye, R68.00 pkg, Vleis en groente by gevoeg en klaar gekook en in n 1kg bakkie met deeg, u bak dit net vir 40 minute om deeg gaar te maak.

22. Maak van frikadelle, R45.00 pkg. Alle bestandele ingesluit.  30% Brisket, uie, groenpeper ens asook kerrie sous ingesluit, in n foil bakkie. 

Die pryse soos bo, sluit alle bestandele in, behalwe soos bo apart uiteengesit, geen verrassings! U ontvang n volledige rekening waar bestandele en verpakking apart uiteengesit word waar van toepassing.

Normale besigheids ure is Maandag tot Vrydag 08h00 tot 18h00. 

Saterdae gesluit, maar u kan vooraf reel om wild aft e lewer. 

Sondag 10h00 tot 17h00 binne jag seisoen.  Buite seisoen reel asb vooraf, ons help u graag. 

Wildshoekie Vleismark kan 18 ton wild per week inneem, dit is wat my koelkamers en bewerking toelaat, dus is dit wys om vooraf, byvoorbeeld die Maandag te bespreek sodat u die Sondag inkom en versoek ek ook dat u my net sal laat weet voor u vertrek waarmee u oppad is. Baie keer gebeur dit dat u nie u kwota skiet waarvoor plek gehou word nie en dan kan ek dalk ‘n ander jagter ook help wat nie bespreek het nie.

Ek poog om my pryse so te hou dat dit steeds vir u as jagter bekostigbaar sal wees, dus vra ons vir aflewering ‘n brandstof fooi.  Aflewering kan gereel word, moet dus asb nie dat die feit dat u opsien daarvoor om die vleis te kom afhaal, u weerhou daarvan om Wildshoekie te gebruik nie.  

Varkspek of Bees Brisket word gebruik in u Boerewors, pattys, frikadelle ens. Sê my asseblief wat u verkies.

Droëwors word met 30% Karan Beef Bees Brisket gemaak. Ek gebruik nie lokale slagpale vet nie. 

Geen skaapstert beskikbaar nie. As u het of kan kry, gebruik ek dit met graagte in u wors.

Gerookte items word ook gedoen, teen R 180/uur.

Skakel my gerus indien u enige navrae het, ons help graag.

Geniet u jag, Veilig wees, As daar lood in die lug is, kan daar bloed op die bakkie wees!

Ons sien daarna uit om u te ontvang na u jagtog met ‘n koue bier, koeldrank, water of ‘n warm koppie koffie of tee vir die nie-drinkers terwyl my personeel u wild inweeg.


Groetnis.

Robbie en span. 

Geen, maar geen karkas sal ingeneem word met die vel aan nie!